Manel | Home – Trouvrou (Resepteboek)

N$400.00

Die Trouvrou Resepteboek bevat resepte uit drie generasies: Ouma se Plaaskombuis, Mamma se Dorphuis en Sussie se Flat. Die Ouma-afdeling dek meer ingewikkelder resepte soos koeksisters en wildspastei. Mamma se afdeling is effe makliker. Sussie s’n is baie eenvoudig en dek tientalle bymekaargooi disse.

Daar is selfs by elke afdeling oop invulblaaie vir jou gunsteling resepte en handige kombuiswenke om jou moeiteloos na n bobaaskok te laat lyk.

Dis ‘n sagteband, 256 blad volkleur boek met 167 resepte en 65 kleurfoto’s wat jonk en vars is met n kombinasie van modern en nostalgies.

Trouvrou…

Trouvrou is vir die moderne vrou met ‘n nostalgiese hart.

‘n Trouvrou is permanente lente.

*Ouma se plaaskombuis*

Trouvrou is vir die moderne vrou met ‘n nostalgiese hart wat hunker na vervloë dae – ‘n vrou wat ewe tuis agter die kospotte as haar skootrekenaar is.

Trouvrou koester die onthoutye van Ouma se plaas waar die kraai van die haan haar wekker is; die reuk van krummelpap haar wakker kielie; die fluit van die koffiepot haar nader roep – met die

trommel beskuit wat staan en wag.

Sy het raakvathande wat koeksisters vleg, fyn hekeltafeldoeke sagkens dek. Teen sonsak drink sy ‘n koppie tee uit duursame porselein, terwyl die draadloos in die

agtergrond blêr…

*Mamma se dorpshuis*

Trouvrou verlang na haar heldin-ma se dorpskombuis. Sy sien nog die meelwolk soos haar ma werskaf en sy rúík die kaneel.

Haar hart trek huis toe, veral op koue wintersdae… Bakke vol kerrie en koekstruif staan reg vir die kerkbasaar. Dis ook hier waar Pa se springbok in biltong en droëwors verander.

Padkospakkies met koue hoenderboudjies en gekookte eiers staan reg vir die langpad. Na “Noot vir Noot”, ‘n laataandkuier om die kombuistafel met ‘n beker koffie en Ma se sjokeladekoek.

Salig!

*Sussie se “flat”*

Maar jy, Trouvrou, is jou eie mens.

Jy leef ‘n kitsbestaan en Wi-Fi is jou suurstof. Jou kombuis is klein en jou tafel pas skaars in. Het jy maar notas by Ouma en Moeks gevat; die pad na ‘n man se hart loop immers deur sy maag!

Jy leef in ‘n wêreld van wegneemetes, mikrogolfdisse en papierplekmatjies. Jy is lief vir reis, uitgaan… Jy weet jou moderne leefstyl bring sy eie mooi.

Dis egter tyd om gister en vandag te verenig – om vroeëre dae opnuut in die kombuis te laat voortleef.

Met Trouvrou wil ek jou op reis neem van toe na nou.

Ek wys jou die beste van drie wêrelde…

Ouma se Plaaskombuis, Mamma se Dorpshuis en Sussie se Flat.

Kom reis saam en laat ons kook en mooi maak langs die pad.

“Selfversekerd, passievol, ‘n hartsvrou …. dit is ‘n trouvrou, ‘n ware houvrou”

-Tessa Karatouliotis

S A L E